Thursday 10 July 2014

Griekeland

Vakansie in Griekeland

Junie 27 Vrydag

Ons boot anker 13:00 in Athene Marine. Dit is baie warm. 'n Klein bootjie wys ons plek. Later moet ons skuif na langsaan. Hulle help ons, maar Archie het 'n lelike val, stamp sy kop as gevolg van misverstand. Dit beteken dat Rika en Marietjie die boot moet was (Dirk het sy rug seer gemaak met val met vorige vas-moring). Koste vir ons seil saam met Archie'hulle: ongeveer 12 euro per persoon per nag.

Junie 28 Saterdag

Ons kry taxi 9:00 na Alamos Marine. Ek los Dirk op grasperk en loop laaaank na apteek om pille vir Dirk se seer rug te kry. Ek sien sommer my selfoonplek langsaan en koop nuwe lugtyd. Kom so net voor 11 terug by Dirk. Ons gaan sit by Taverna en wag. Alkis daag net na 11 op. Hy het 'n vriend, Nenan, en die se vriendin, Helena, wat saam met ons sit. Hulle gaan vir week op seilboot - kom van Serbie.
Ons ry ongeveer 2 nm. Alkis stop vir koeldrank en iets te koue op pad. Ons stop ook by Lidl waar ek en Dirk paar goed koop. Stop by griekse "grocery" en koop skaap-melk jogurt.

Ry na sy huis. Dis ongelooflik mooi. Koste: 20 euro per dag vir ons al twee.


Ons ry na strand waar ons bietjie swem. 


Daarna weer huistoe om te stort. Gaan eet Souvlaki Gyro in Porto Cheli.
Ons moet gewoond raak aan euro-tye, kom na 12 eers in bed.
Alkis se huis in Agios Almilanos. Hy het see aan 3 kante van hom en kan kies waar daar son is of waar die wind waai. Die kaart wys die omgewing:

Junie 29 Sondag

Ontbyt: vrugte met skaap-jogurt en heuning. Stap na ander strand 

waar ons lank sit en kuier en swem. 


Dirk neem my en Alkis af

Word honger en kom huistoe. Alkis bak vir ons pannekoek. Ek kry resep - gesmelte botter en vanilje by beslag. 

Resep:

1/2 kg meel; 4 eiers; 1 t suiker; 1/2 t sout; 2 porsies vanilla; ongeveer 1 k melk; 75 g botter - smelt en laat afkoel. Klits dan alles saam

Ons eet eers met ham en kaas, daarna soet met sjokolade.

Junie 30 Maandag

Ons vakansie by Alkis sou nou eers begin het. En dit is reeds so lekker!!!!
Ons word vroeg wakker. Alkis slaap nog, hy het gisteraand eers sokker gaan kyk en arme Griekeland het met "penalties" verloor. 
Ek en Dirk stap na klein strandjie, 100m ver, en swem. 
Kom terug en eet dieselfde ontbyt. Gaan later na ander "village" waar ek vir Layla mooi stelletjie koop. Daarna gaan ons na "grocery". Alkis proe eers die fetta kaas en kies een. Hy laat ook vir ons skaap-kaas rasper. Dis baie handig om vakansie in Griekeland te hou saam met iemand wat Grieks en Engels kan praat. Hy help ons ook om matjies te koop om op te sit as mens op strand is. 
Ons stop op pad (sommer so in pad) langs perde. Alkis praat grieks met hulle en voer hulle blaarslaai. Eers twee mooi swart perde, entjie verder een bruin perd, 2 ponies en een baba ponie.


Alkis vertel vir Dirk van Macgregor 26 bote. 
Macgreror Yachts 
Ons gaan swem by nog 'n ander strand - verder en ry met kar. Dis bietjie klippies en dan sand as mens in see loop. Heerlik. 
Ek maak die aand pasta met maalvleis en witsous, gerasperde kaas bo. Bak in oond tot mooi bruin. Maak slaai. Ek en Dirk gaan slaap bietjie vroeër, want ons kan nie so laat slaap nie.

Julie 1 Dinsdag

Willa verjaar vandag - Baie geluk! Wens jy was hier, jy sou die swem so geniet het. Maar die europese tyd sou jou ook gevang het :)
Ek draf bietjie en daarna swem ek en Dirk in naby strand. Alkis wil dorp toe gaan en ek ry saam om rokkie te soek, maar kry nie. Op pad terug voer ons weer die perde met wortels wat ek gekoop het.

Ek maak omelette vir aandete. Ons ry 18:30 na 'n plek waar mens ferrie kan kry na Spetses, maar ferrie( (hulle noem dit busse) werk nie vandag nie. Op Spetses mag daar geen karre wees nie, slegs scooters en fietse en perdekarre, geen perdry.
Ons ry na Porto Cheli en eet roomys wat baie lekker is. Alkis wys ons die dorpie. Daar is straatjies wat so nou is, dat net een kar kan ry. Ons ry by kerk verby en Alkis: "We must pray that no cars come from the front".
Kom huistoe.


Julie 2 Woensdag

Ek gaan draf, bietjie verder. Alkis het heel dag besigheid. Ek en Dirk bring oggend op strand deur. Middag doen ons die siesta. Rustige dag. Eers was ons 6 mense op strand, toe 4, en toe net ek en Dirk.

 Ek maak kos, braai worsies en slaai. Stap na kerkie Agio Alimos, waarna dorpie vernoem is. 
Ons wil nou eintlik gaan slaap. Kom by huis en Serbiers kuier by Alkis. Hy braai vark tjops. Ons kuier saam en kom na 12 eers in die bed.
http://en.wikipedia.org/wiki/Serbia#mediaviewer/File:Serbia_%28orthographic_projection%29.svg 

Julie 3 Donderdag

Ons word te vroeg wakker na die laat nag, ongeveer 8:00. Ek draf, nuwe paadjie. Swem daarna saam met Dirk by"ons" strandjie. Kom terug en eet ontbyt. Eet ook van vreemde spanspek. 

Bring oggend rustig deur, lees kindle en WhatsApp.
Gaan middag weer na kerkie, neem foto van man wat sy eie marina gebou het. Stap na verder strand, want "daar is son". Alkis kom ook daar swem.
Kom huistoe. Ek maak spaghetti, google resep. Ook wit eiervrug met sampioene.
Gaan slaap bietjie vroeër. 
Hier is baie muskiete. Ek slaan een dood sonder bloed en Alkis sê: "Poor mosquito, to die hungry"


Vrydag 4 Julie


Ek draf en ons swem. Alkis soek vir ons plek waar ons scooters kan huur. Hulle is eintlik "mechanics", en huur die onoffisieël aan ons. 70 Euros vir 3 dae.

Ry eers en drink bier. Ontmoet Alkis by AB store, koop biertjie voorraad en laai dit in Alkis se kar. Ry terug na Porto Chelli waar on frappe drink. 

Ons gooi  petrol in, 3 E. Ry na Alkis se huis en kom met groot gesukkel daar uit.
  Resep vir Frappe:  2 vingers kou water, 1 - 2 t kistskoffie, Suiker of heunung indien verkies.Klits tot skuin hafpad in glas is

Saterdag 5 Julie

Eet ontbyt. Ry met scooter na Porto Chelli.
Kry ferrie na Hydra (ook Hidra) . Kos 19 euros per persoon. Rit neem ongeveer 3 ure. 
 


Dirk stamp sy been stukkend teen betonblok. Skip se kaptein sit vir hom plyster op. Hydra se huise is almal wit met oranje dakke.

Op Hydra mag daar slegs perde en donkies wees. As jy iewers met bagasie moet kom, huur jy 'n perde as taxi.

Ons loop rond, sit iewers en bier drink. Ek koop nog geskenke. Loop na ander kant. Ek kom agter my bril is weg, kry dit gelukkig in winkel.

Terug aan vasteland is ons eers bietjie na scooter. Toe soek ons na plek waar ons laas Slovaki Gyro geëet het. Kry dit en eet dit. Ry terug huistoe. 

Sondag 6 Julie

Ry na Kosta. Die boot-ferrie (hulle noem dit die bus) werk vandag Ry na Spetses vir 2 euros p/p en weer terug. Dit neem so 20 min om daar te kom.

Dit is kleiner eiland as Hydra, maar hier is scooters, perdekarre en selfs 'n kar of wat. Ry weer terug. Loop rond in hulle klein nou straatjies.
Ry met "boot-bus" terug. Ry met scooter huistoe. Maak Chinese noedels en hoender.

Maandag 7 Julie

Ons gee scooter terug. Soek eers weer na plek waar dit moet wees. Kry Alkis by AB en hy help ons met inkopies om terug te neem na SA. Koop olyfolie, Ouzo, een of ander likeur wat gemaak word van 'n plant wat net op een eiland in Griekeland groei. Ek koop ook nog vanilla om terug te bring. Swem vir oulaas by strand waar ons nog nie was nie. 

Kom huistoe en Alkis braai vir ons vark tjops. Ek maak slaai en aartappels. Pak en gaan slaap.

Dinsdag 8 Julie

Alkis neem ons 5:30 om ferrie te kry na Athene. Dit kom 9:30 daar aan - dis 'n spoed-ferrie, kos saam 70 euros.


Soek treinstasie en klim op trein. Moet oorklim en 'n vriendelikse Griek wys ons presies waar. Kom so 12:30 by lughawe. Vlieg 14:30 met Etihad. Lekker vlug, ongeveer 5 ure. Kry kos en ek kyk na Hunger Games 2. Klim by Abu Dabi oor, Vlieg 20:10 (hulle tyd). Kry laat kos. Slaap so bietjie.

Woensdag 9 Julie

Hulle maak ons 3:00 wakker vir broodjie en koffie. Land 4:30. Wat 'n koue skok: 0 grade C, nadat ons vir maand gemiddeld 25 - 35 beleef het. Kom baie gou deur alles en kry amper eerste Gautrein van die dag. Kom so 6:00 by Centurion stasie en Hardus wag vir ons. Hy bring ons huistoe. Baie moeg en slaap nog bietjie. Begin uitpak. Ek vat Dirk na Tim om jeep te kry en ek koop kos. Kry ook Pizza. Slaap weer bietjie en Dirk sit kaggelvuur aan.
Na ons eerste dag in Suid Afrika, weet ons hoekom ons vir 'n maand na Griekeland wou gaan. Pleks ons vir twee maande gegaan het.